Blog Archives

Nagapie

Die nagapie is my nuwe gunsteling diertjie. Het jy geweet hulle woon selfs in die stad? Ek het nie.

Ek het twee toevallig raakgesien toe ek een Maandagaand teen skemer met iemand onder ‘n doringboom staan en gesels. Ek sien uit die hoek van my oog hoe iets kleins rondspring in die boom.

“Haai! Kyk daar!”

Ek dog toe eers dis twee eekhorings, maar iemand deel my mee dat nee, dis waaragtig twee nagapies!

Ek sou nooit kon droom dat ek nagapies in die middel van Pretoria sou kry nie. Ek wonder waar hulle in die dag slaap, want dis nou nie juis baie stil hier in die stad nie. Baie honde wat blaf, alarms wat afgaan, taxis se toeters wat blêr, ens.

Ons het die Moreletapark Spruit wat deur Pretoria loop. Miskien kom hulle juis van daar af? Of dalk van Wolwespruit se kant?

‘n Volgende aand sien ek een weer en na-aap sy geroep. Hy stop en kyk my met sy uitpeuloë aan.

Hier is ‘n gedig wat ek geskryf het:

Die nagapies

Maandag skemer, die son sak
wip hulle rats van tak tot tak
uit die rigting van die kerk se dak.

Piepklein vlermuis-oor rakker
gevolg deur sy waaierstert makker.

Twee jakopeweroë loer vir my
soos ‘n nuuskierige agie.
Piepklein, piep-skree apie
maak toe kennis met die stadsjapie.

Advertisements

Tanya se gedig

Hier is die gedig wat ek geskryf het na jou ma se dood. Ek kan nie onthou of ek dit ooit vir jou gegee het en of jy dit nog het nie. In elk geval ek gaan nou al my ou gedigte deur en gedink ek sal dit graag weer met jou wil share:

Tanyamatriek

Ek dink ek is ‘n verlore engeltjie

Ek was stout en my vlerkies het afgebreek,

nou’s ek stuck op die aarde (of so iets)

maar ek is nie spyt nie.

Ek het jou ontmoet en deur jou

het ek geleer oor true friendship.

Thanks!

My ma sê die Here verwag dat ons alles wat

Hy vir ons gegee het tot ons volle

potensiaal moet gebruik, so here goes:

Hier is vir jou ‘n drukkie

Warm en vol liefde

Teddiebear hug!

Hier is vir jou ‘n skouer

om op te huil;

om jou moeë kop op te rus.

Hier is vir jou ‘n handjie

om vas te hou

Wat ek uitsteek na jou

om jou op te help

as jy jou knieë nerf-af val.

Hier is vir jou ‘n oor

om al jou diepste geheime in te fluister.

Hier is vir jou ‘n mond met ‘n zip

‘n bewys dat jy my met jou geheime kan vertrou.

Hier is vir jou ‘n glimlag

‘n bewys dat ek jou las met jou deel.

Hier is vir jou ‘n oog

om veral as die lewe hard op jou druk

Nog steeds die klein dingetjies

in die lewe raak te sien en dankbaar te wees.

Hier is vir jou ‘n voetspoor

wat saam met jou die

kronkelpad van die lewe sal stap.

Haha ek sien nou ook wat ek geskryf het:

“Ek het nie altyd al die antwoorde soos proffie Stephanie nie, ek sal my bes prober en ek glo dat “everything happens for a reason”. Wat die rede is vind ons eers verdomp later uit, “but sometimes it’s worth waiting for”.

Epic gedig van Loftus Marais

Loftus Marais reageer op N.P. Van Wyk Louw se “Die beiteltjie” gedig

 

Die digter as rockstar

fok jou, ek pak sportstadions vol

vir my flits paparazzi splitsekonde wit bladsye

ek dra my punctuation as piercings

my woorde trash hotelkamers, fok jou

woofers sidder jambes

en die groupies se sashimi-poesies drup vir my

ek is die digter in ’n studded leather broek

ek breek my versreëls oor julle koppe soos guitars

lighters swing op my sonette

fok julle almal

gevuisde skares skreeu my koeplette

daar’s stukke wallace stevens op my rug getattoeër

ek is die digter as rockstar

en kyk, nee lees, luister, dammit hóór:

ék het nie ’n beiteltjie nie

ek het ’n fokken lugdrukboor

 

Uit: Staan in die algemeen nader aan vensters. 2008: Tafelberg Uitgewers).