Blog Archives

Toorbos – Dalene Matthee

toorbos

Ek het nie gedink dis moontlik nie, maar ek het ‘n nuwe gunsteling boek van Dalene Matthee en dit is Toorbos!

“Liefde is ’n lang leer met baie sporte. Moeilik om te klim, want ons trap dikwels mis…”

My gunsteling dele uit die boek is waar Karoliena haarself soos ‘n boom vermom, want sy wil weet hoe voel dit om ‘n boom te wees; en later waar sy Abel Slinger se olifantvoete/skoene leen, want sy wil weet hoe voel dit om in die voete van ‘n olifant te loop. En ek sou wat wou gee om ook die boomspook te sien!

Binnebladbeskrywing:
Karoliena Kapp is ’n alleenkind. Haar pa is vroeg-vroeg deur ’n weerligstraal doodgeslaan en sy het die bos aanvaar as haar oermoeder. Sy is mooi en word gou raakgesien deur Johannes, ’n boswerkerskind wat hom uit die wurggreep van armoede losgewikkel het. Nog voordat sy twintig is, word sy met hom afgetrou en moet sy haar plek as dorpsvrou volstaan.

Maar Karoliena gebruik die eerste kans om weg te loop. Die dag na die troue weet sy: Sy het verkeerd gekies. Sy het van die bos af weggevlug en haar vryheid verruil vir ‘n kou. Nou is sy bang, en sy vat die pad terug.

Terwyl die pietjiekanarie sonder ophou roep: Wie’s-jy, wie’s-jy.

Eerste uitgawe: 2003

Sterstatus: 5/5

Advertisements