Nils Holgersson se wonderbaarlike reis

Ek was altyd mal oor die kinderstories wat ons op TV gekyk het toe ek nog klein was. Nils Holgersson was my gunsteling kinder TV-reeks.

Ek het laas jaar by ‘n boekuitverkoping op die vertaling van Nils Holgersson afgekom en dit dadelik gekoop.

Groot was my verbasing toe ek die boek begin lees en besef dit stem nie ooreen met my herinneringe nie.

nils_holgerson05

NIls en Krummel op Martien se rug

Daar is nou wel baie verskille tussen die boekstorie en die TV-storie. Die grootste verskil is dat Krummel glad nie in die boek voorkom nie. Dit blyk dat die Japannese wat die TV animasie geskep het, daardie storie element ook geskep het.

Van die ganse se name is ook anderster. Ek onthou die TV-reeks is daar Gunar, Gustar, Ingrid, Lasse en Siri. Donsveertjie is sommer Donsie en Martien is Maarten.

Smirre is darem in die boek – of eintlik net in die eerste helfte.

smirre

Agtergrond: Selma Lagerlöf (1858 – 1940), Sweedse skrywer, onderwyser en eerste vroulike wenner van die Nobelprys vir Letterkunde.

selma_lagerlof

Sy het “Nils Holgersson” in opdrag van die Nasionale Onderwyser Assosiasie geskryf – hulle wou spesifiek ‘n geografie boek vir kinders hê.

Die boek is in 1906 gepubliseer. Dit was oorspronklik as twee boeke gepubliseer; die eerste in 1906 en die tweede in 1907.

Sy het baie ander werke ook geskryf, alhoewel “Nils Holgersson” die mees bekendste is.

Die Japannese TV-animasie reeks is in 1980 geskep. Die regie is gedoen deur Hisayuki Toriumi (1941 – 2009) van Studio Pierrot, Tokio. Die studio bestaan nou nog

Dié reeks is later aangepas en in die volgende lande gewys: Arabië, Kanada, Frankryk, Duitsland, Swede, Finland, Iran, Ysland, België, Griekeland, Nederland, Poland, Portugal, Romenië, Spanje, Slovenië, Hongarye, die Sjeggiese Republiek, Israel, Turkye, Italië, Hong Kong, China, Suid-Afrika en Albanië.

Ek beveel hierdie boek vir enigiemand aan. 5/5

 

Advertisements

About dada4nonsense

I am a 23 year old (at heart) who loves anything nonsensical

Posted on March 4, 2017, in Notes and tagged , , , . Bookmark the permalink. Comments Off on Nils Holgersson se wonderbaarlike reis.

Comments are closed.

%d bloggers like this: