Watter verhaal begin so?

Ek het onlangs na die verskillende maniere gaan kyk hoe van my gunsteling Afrikaanse storieboeke begin. Kan jy reg raai?

Dis somer op Sadewee.

Alie staan met haar rug teen ’n pendoringboom en kou aan ’n groot stuk blink gom wat sy teen die stam gekry het.

Wat ons, wat in die Karoo woon, die ‘Grasveld’ noem, lê tussen die berge en die see. 

’n Malende, siedende, tierende skare wat slegs in naam menslike wesens is, want vir die oog en die oor is hulle skynbaar barbaarse skepsels, aangevuur deur walglike hartstog, haat en die sug na wraak. 

Die dag toe die kind weggeraak het, het die mis vroeg begin toetrek en teen halfdag was dit of die Bos onder ’n digter wit wolk lê.

Die Sondagaand het die plan hom skielik binnegeval: hy moet ’n boek skryf. 

Kupido Kakkerlak is nie die gewone manier uit sy ma se liggaam gebore nie, hy het uitgebroei uit die stories wat sy vertel het. 

“Los!” sê haar Ouma. 

Advertisements

About dada4nonsense

I am a 23 year old (at heart) who loves anything nonsensical

Posted on January 4, 2017, in Notes, Quotes and tagged , . Bookmark the permalink. Comments Off on Watter verhaal begin so?.

Comments are closed.

%d bloggers like this: