“Menskleur” potlode

flesh-4

Wie kan onthou, toe jy klein was en jy veral ingekleur het, het jy meeste mense met die “menskleur” potlood ingekleur? Ek kan nie onthou waar ek dit geleer het nie – was dit my ouers, by die skool? Ek as ‘n wit Afrikaanssprekende is geleer dat die inkleurpotlood wat soos “peach” lyk, word ‘menskleur’ genoem.

As ek nou daaroor terugdink, is dit eintlik ‘n baie gevaarlike konsep of idee om in ‘n kind se kop te sit. As kind bevraagteken mens nie sommer alles nie, jy aanvaar dit as die waarheid. Maar verbeel jou hierdie scenario: ‘n kind loop in die straat en loop verby ‘n bruin man en besef dalk sonder dat hy weet dat daardie man nie dieselfde kleur as hy is nie. As iemand dan vir die kind sê: kleur daai man in sou hy nie die “menskleur” potlood gebruik nie… sou hy tot die aaklige besef kom: Beteken dit dan dat hy nie ‘n mens is nie?! Dit kan die eerste stap wees waar kinders neerkyk op ander mense en dink hulle is beter as ander.

Ek wonder hoe is dit in ander kulture: sien die kleurlinge “bruin” as “menskleur”? As ‘n bruin kind inkleur, kleur hy mense bruin in of wit of pienk? Ek is geleeer om mense van Asië veral Chinese, Japannese en Indiërs geel in te kleur. Maar hoe kleur hulle mense in?
Wat gaan deur ‘n kind se kop wanneer hy geleer word ‘n sekere inkleurpotlood is “menskleur”, maar hy sien sy vel stem nie ooreen met daai kleur nie?

I can remember thinking that the colour of the crayon did not match my skin colour. Did that mean that I am not a human?” (designedforgrace blog).

Wat word verstaan onder die term “menskleur”? Ons sê nie wit nie, want as jy die wit inkleurpotlood teen jou vel hou dan sal jy mos sien dit stem nie ooreen nie. “Menskleur is the name of the colour crayon used in the public schools to imitate the colour of Caucasian human skin.” (designedforgrace blog)

Is ons as mense “kleurblind”? Blankes sê ons hulle is wit, maar eintlik is ons ‘n mengsel van pienk, oranje en geel. Daar is verskillende skakerings van bruin mense, maar daar is baie van hulle wat hulself as swart beskou. Tog het ek nog nooit iemand gesien wat 100% ‘n wit of swart vel het nie.

Een ding wat ek graag vir God sou wou vra: hoekom is party mense wit en ander swart? Hoekom lyk ons nie dieselfde nie? Ons is tog almal deur U geskape? Ek is seker Jesus was nie eens wit nie – so hoekom kleur ons hom so in?

Waar het die idee dan posgevat dat wit mense/blankes beter is as ander mense met ‘n donker velkleur? Het dit dalk by die Europeërs begin toe hulle om die wêreld begin seil het en lande geannekseer het?

Wanneer is die term “menskleur” vir die eerste keer gebruik? Is dit ‘n konsep van die Apartheids-era? Of het dit dalk vroeër voorgekom?

Terwyl ek soek op die internet sien ek dis nie net ‘n Suid-Afrikaanse ding nie: “The color known as Flesh was renamed Peach in 1962, partially in response to the U.S. Civil Rights Movement.” (prinslodewykblog). Creola het “Flesh” kleur in 1949 begin gebruik. As jy dink dit is erg, nie-blanke ballet dansers kon eers vanaf 2016 balletskoene kry wat hulle kleurvel pas!

Maar is dit nie maar net ‘n metafoor nie? Baie mense sal sê kinders wat inkleur met die “menskleur” potlood is dood onskuldig, daar is niks fout daarmee nie.

Baie van ons sê ons is Christene, maar dan leer jy sulke gemors vir jou kind?

So die volgende keer wanneer jy ‘n kind kleure leer, moenie net een kleur uitsonder en sê dis “menskleur” nie. Gebruik meer as een kleur om mense in te kleur. Want ‘n “menskleur” potlood is rassisties.

fleshtones

Bronne
http://prinslodewyk.blogspot.co.za/2011/06/mens-kleur-en-ander-skandes.html 7 Junie 2011
http://designedforgrace.com/portfolio/menskleur/ Grace Schutte blog 2013
http://www.smithsonianmag.com/smart-news/flesh-toned-ballet-shoes-will-soon-be-available-people-color-180958475/?no-ist

About dada4nonsense

I am a 23 year old (at heart) who loves anything nonsensical

Posted on August 6, 2016, in Notes and tagged , , . Bookmark the permalink. Comments Off on “Menskleur” potlode.

Comments are closed.

%d bloggers like this: