Laaste dag van Napowrimo 2015

Dis die laaste dag van Napowrimo 2015 en ek is half verlig en half spyt. Verlig dat ek nie heeltyd verplig hoef te voel om iets te skryf nie en spyt dat ek nie elke dag iets probeer skryf het nie. Vandag se gedig wou ek al ‘n hele rukkie gelede al skryf, maar ek het nie mooi geweet hoe nie. Ek weet nie of hierdie poging sal kwalifiseer as ‘n gedig nie so kom ons sê maar dis my eerste probeerslag.

Die wag vir die koms van die pekanneute

Daar staan twee pekanneutbome
in ons agterplaas.

In die verlede was daar altyd pekanneute
As jy jou oë uitvee
word nog ‘n emmer vol.

Maar hierdie jaar was dit anders.
is dit omdat ek aspris gewag het?

Januarie het verbygegaan.
Niks.

Februarie het verbygegaan.
Nog niks.

Maart het klein groen
neutdoppies aan die takke
begin vorm.

April het die neutdoppe groter geword,
maar was nogsteeds grasgroen.

Gister sien ek vir die eerste keer
die saaddoppe het oopgebreek.
Die pekanneute hang soos ‘n prys
wat gepluk moet word.

Vandag na werk tel ek ‘n hele bakkie op.

Om pekanneute op te tel
is soos om paaseiers te soek.
Jy het ‘n goeie oog nodig.
As jy weer kyk
dan lê daar weer een
al het jy vroeër daar gebuk.

About dada4nonsense

I am a 23 year old (at heart) who loves anything nonsensical

Posted on April 30, 2015, in Napowrimo and tagged . Bookmark the permalink. Comments Off on Laaste dag van Napowrimo 2015.

Comments are closed.

%d bloggers like this: