Napowrimo Day 18

My eerste Hekel les:

Ek moet ‘n mood blanket maak
ek begin met groen vir kalm

Hoe om te begin:
Sit die garing binne palm
om die wysvinger af na pinkie
weer op na wysvinger
draai skuins oor 4 vingers
maak ‘n kruis.
Steek die naald onderdeur
dan bo-oor
trek dan deur
Nou het jy ‘n kruisstreek.

Maak tien kruissteke
draai om
werk terug

Later as jy al 2 rye het
werk weer terug
soek die V
druk naald onderdeur
nou het jy twee loops op die naald
maak 1 kruisstreek deur een
dan nog een deur twee.
Herhaal.

Nog 3 rye.
Waar is die V?!
Ek begin rooi sien
Ek is nou vir eers klaar.

About dada4nonsense

I am a 23 year old (at heart) who loves anything nonsensical

Posted on April 18, 2015, in Napowrimo and tagged , . Bookmark the permalink. Comments Off on Napowrimo Day 18.

Comments are closed.

%d bloggers like this: