Sommer vir die grap

Ek doen hierdie sommer vir die grap.  Wie weet?  Dalk eendag is ek ’n regte egte skrywer en gaan die mense by By-Beeld my interview met die Proust Herbesoek rubriek.  Dan gaan ek kyk hoe erg my antwoorde verskil en lag.

Wat behels aardse geluk?

Sterk verhoudinge met familie en vriende.

 

Wat is die diepste put van ellende?

Wanneer mense my potensiaal miskyk.  Wanneer jy stoksiel alleen voel en nie jou purpose in die lewe kan uitleef nie.  Werkloosheid.

 

Wat is jou grootste tekortkominge?

Ek stoot mense weg as dinge te veel begin raak.  Eks te sensitief, hardkoppig. Luiheid.

 

Wat is vir jou snaaks?

Oom Alec Raymond, karakters van Big Bang Theory en Navy NCIS.  Goeie woordspeling.  My niggie, Roxie, se bbm statusse.

 

Wie is jou helde?

Anne Frank.  Josephine March in “Little Women”

 

Wie is jou gunsteling skrywers?

Ek lees nie net een skrywer op ’n slag nie  – ek lees sommer in die bondel.  Ek het meer gunsteling boeke as skrywers:

  • Harper Lee “To kill a mockingbird”
  • Emily Bronté “Jane Eyre”
  • Joseph Heller “Catch 22”
  • Fred Vargas “The chalk circle man”

My gunsteling joernaliste:

  • Hannah Beech
  • Joel Stein
  • Eben Venter
  • Willemien Brümmer

 

Wanneer en waar was jy op jou gelukkigste?

Enigste aand uit saam met my twee neefs van Amerika.  Was eers skepties oor die klub, maar dit was so later so lekker ek wou nie hê dit moet ooit ophou nie.

of: vakansie by Ta Renette saam met Roché (behalwe dat sy nie kon ophou kwyn oor Wiehan nie)

My 23ste verjaarsdag partytjie! As ek maar net van die begin af nie so gepanic en geworry het nie.

 

Wie sou jy die graagste vir ete wou nooi?

Stephen Fry, Hugh Laurie, Lauren Graham (maar sal nie weet wat om te maak as hul eers hier is nie sal heeltyd star struck wees en uitpass.

of my close family en friends.

 

Waarmee verwyl jy die graagste jou tyd?

Lees. TV kyk. Blogging. Slaap.

 

Wat verveel jou?

Politiek. Zuma as hy praat.

As mense brag oor hoe baie hul kan drink sonder om dronk te raak (Yawn!)

 

Wat is jou mees kenmerkende eienskap?

My quirky/sarkastiese humor. Love of everything nonsensical. 

 

Waaroor is jy spyt?

Al die mense wat ek al seergemaak het of disappoint het.  Al die geleenthede wat ek net weggesmyt het omdat ek te bang was om te probeer.

 

Wat is jou gunsteling name?

Alexis, Christine, Nikita, Green, Linde.

 

Wat is jou gunsteling voël?

’n Mossie – hulle is so ordinary en tog so cute!

 

Oor watter gawe sou jy die graagste wou beskik?

Sing.  Mense se gedagtes lees.

 

Wat is of was jou grootste prestasie?

BA Hons. My blog!

 

Wat dink jy gebeur na die dood?

Mens staan in ’n lang ry om uit te vind of jy Hemel of Hel toe gaan.  Persoonlik hoop ek die hemel is net ’n beter aarde as nou.  Een waar daar nie pyn is nie, maar ook so vervelig is soos simpel engeltjies wat aanmekaar sing en instrumente speel nie.  Ek hoop daar is darem plek vir Rock musiek en humor in die hemel.

Ek gaan dit mis om te slaap en te eet.

 

 

 

 

 

 

 

About dada4nonsense

I am a 23 year old (at heart) who loves anything nonsensical

Posted on May 13, 2013, in Notes and tagged , . Bookmark the permalink. Comments Off on Sommer vir die grap.

Comments are closed.

%d bloggers like this: